BOORDTEGNOLOGIE
Volgens Andries is die twee items verskillend, maar kan dit baie baat om in altwee te belê.“ Die een is’ n risikobestuurshulpmiddel en die ander is’ n risikoverskansingsmeganisme. Hoe meer jy toemaak onder nette, of hoe meer jy wil verseker, gaan definitief’ n impak op die koste hê. Dit wat jy verseker, gaan ook’ n rol speel.”
Hy sê versekering behoort deur’ n doelgemaakte gesprek rondom die spesifieke omstandighede voorafgegaan te word. Natuurlikerwys sal versekeraars die premie hersien na aanleiding van spesifieke omstandighede. Dit sal egter onderhandel moet word, en daar moet nie aanvaar word dat alle nette gelyk geskape is en almal korting moet kry nie. Produsente moet met hul makelaars en versekeraar praat om die beste moontlike, kostedoeltreffende oplossing te vind.
AUG | SEP 2025 GROND TOT MOND 113