Grond tot Mond Aug-Sep 2025 Uitgawe 29 | Page 112

BOORDTEGNOLOGIE

is sodat, indien die nette faal, jy nie alles verloor nie.”

Hy sê dit is belangrik om te onthou dat die nette tipies uit twee dele bestaan – die raamwerk of struktuur, en die bedekking self. Dit behoort apart verseker te word aangesien dit verskillende tariewe behoort te hê en dus meer kostedoeltreffend sal wees. Daar moet onthou word dat, afhangend van die materiaal en vervaardiger se voorskrifte en waarborge, die nette waarskynlik elke 5 tot 10 jaar vervang moet word. Die meeste versekeraars sal ook die dekking op die net laat afneem oor’ n tydperk, en’ n mens kan potensieel slegs 10 % of 20 % dekking op ouer nette kry.

112 GROND TOT MOND AUG | SEP 2025