Grond tot Mond Aug-Sep 2025 Uitgawe 29 | Page 111

BOORDTEGNOLOGIE

van die produk. Sekere vrugte lewer beter kwaliteit indien hulle beskerm word teen die ergste son, sonder om die hitte-eenhede te beperk. Die vraag is dus nie alleen of dit goedkoper of duurder is as oesversekering nie, maar eerder watter waarde dit toevoeg.

Versekering is die instrument wat produsente beskerm indien daar’ n skielike, onvoorsiene gebeurtenis plaasvind. Dit is gebaseer op die waarde van die kommoditeite wat verseker word, en daar is’ n premie te betaal, dikwels ook een of ander vorm van bybetaling. Dit is daar om te verseker dat indien iets gebeur, die produsent steeds sal kan aangaan en sy skade beperk.

“ Dit is belangrik om te verstaan dat hierdie twee nie dieselfde rol vervul nie.’ n Net is nie’ n polis nie, en’ n polis is nie’ n net nie. Hulle doen verskillende dinge.’ n Beter analise sou wees om die twee saam te sit en dan te kyk wat die hele risiko-bestuursmodel kos. Onthou, nette maak dat jy waarskynlik’ n kleiner kans het om’ n eis te kry, en die polis kan moontlik effens goedkoper wees, terwyl die polis as’ t ware’ n tweede linie van verdediging

JUN | JUL 2025 GROND TOT MOND 95