BOORDTEGNOLOGIE
verduidelik Jack Pickering, toedieningspesialis by Syngenta Suid-Afrika.“ Selfs as die druppels die teikenplante tref, maar te vinnig verdamp, het die teiken nie genoeg tyd om die aktiewe bestanddeel op te neem nie. Dan is jou moeite – en jou belegging – tevergeefs.”
Delta T-lesings is maklik beskikbaar en die meeste plaasweerstasies kan dit verskaf. Produsente wat onseker is, kan gratis registreer vir Cropwise Spray Assist, wat omgewingsfaktore wat spuittoestande beïnvloed, in ag neem en optimale spuitvensters tot vyf dae vooruit aandui. Pickering waarsku dat fyner druppeltjies wel beter bedekking kan gee, maar dat dit nie noodwendig beteken dat genoeg aktiewe bestanddeel op die teiken afgelewer word nie.“ Afhangend van die chemie, is dosis belangriker as blote bedekking. Tot 40 % van die aktiewe kan verlore gaan sonder dat jy dit agterkom. Daarom moet verdampingswegdrywing – wanneer Delta T te hoog is – in ag geneem word, selfs op’ n windstil dag.”
Die kernboodskap: verminder nooit watervolume in isolasie nie. Watervolume is een van verskeie veranderlikes vir effektiewe toediening, saam met spuitstukke, toedieningspoed en klimaatstoestande. As Delta T buite die ideale reeks lê, moet watervolume én druppelgrootte verhoog word om verdamping te beperk.
“ Die beste resultate word behaal met 200 liter watervolume, teen stadige spuitspoed en met’ n spuitstuk wat
AUG | SEP 2025 GROND TOT MOND 109