BOORDTEGNOLOGIE
Die grootste voordele is laer energieverbruik, presiese beheer van water en kunsmis, en beter hulpbronbenutting.
Hoewel tegnologie die boer se werk vereenvoudig, bly menslike besluitneming onmisbaar. Outomatiese besproeiing kan snags of sonder ekstra arbeid plaasvind, maar kritieke funksies moet steeds met die hand oorgeneem kan word tydens krag-onderbrekings of ander probleme.
Agriplas bied oplossings vir alles van kleinskaalse tot groot kommersiële stelsels, met plaaslike én ingevoerde produkte.’ n Span tegniese kundiges help produsente om behoeftes te bepaal, opsies te evalueer en langtermynbesluite binne hul finansiële raamwerk te neem. Deurlopende ontwikkeling verseker dat nuwe funksies en tegnologieë bygevoeg word namate presisieboerdery se rol in water- en energie-doeltreffendheid verder groei.
BEHEER VAN VERDAMPING
Humiditeit, oftewel Delta T, speel’ n sleutelrol in boorde omdat dit bepaal hoe vinnig spuitdruppels verdamp,
92 GROND TOT MOND JUN | JUL 2025