BOORDTEGNOLOGIE
In die Wes-Kaap het die oppervlakte onder nette van 559 ha in 2013 tot meer as 3 000 ha in 2020 gestyg. Nette beskerm teen hael en son en verhoog opbrengs en pakpersentasie.
IOT-BESPROEIINGSTELSELS
Volgens Johann Verster van Agriplas is bykans alle aspekte van moderne besproeiing reeds geoutomatiseer – van die pomphuis tot by die kleppe in die boorde. Kunsmisdosering kan tyd- of volumetries beheer word, asook volgens EC- en pH-waardes.
Outomatisering is nou vir meer produsente toeganklik omdat dit modulêr geïmplementeer kan word, wat kapitaaluitleg oor verskeie seisoene versprei. Agriplas se IoTnetwerk, in samewerking met Sethala, gebruik’ n sentrale basiseenheid wat sensordata versamel en via radiotegnologie deurstuur, selfs in areas sonder selfoonontvangs.
Hierdie stelsels laat produsente toe om pompe op afstand te beheer, ladingbestuur vir sonkrag te optimaliseer en vinnig aan te pas by veranderende omstandighede.
AUG | SEP 2025 GROND TOT MOND 107