BOORDTEGNOLOGIE
Nie-indringende sensors – hetsy op die grond of in die lug – bied hoë resolusie teen laer koste. Steeds meer platforms kombineer robotika en geïntegreerde sensors vir veelvuldige aanwendings. Ideaal gesproke moet hul uitsette via mobiele of webgebaseerde toepassings beskikbaar wees, sodat produsente maklik toegang het en dit prakties kan gebruik.
Volgens Venter is daar die afgelope 20 jaar’ n evolusie in die ontwikkeling en bekendstelling van hoogs gesofistikeerde toerusting in die landbousektor. Dit maak dit moontlik om opbrengste te verhoog deur akkurate, betroubare data eerder as skattings te gebruik. Die uitdaging lê in die integrasie van nuwe stelsels met bestaande infrastruktuur om opbrengs te maksimeer en hulpbronne doeltreffend te benut.
Met gesofistikeerde blaaspulserings verwyder hierdie masjien tot 30 % van die boom se blare, wat vrugte van meer sonlig voorsien, en tot 15 % meer vrugte met beter kleur op die eerste oes.
106 GROND TOT MOND AUG | SEP 2025