Grond tot Mond April 2026 - Uitgawe 34 | Page 87

ANGORABOKKE | VAN HASSELT FARMING

gehalte lei weer daartoe dat die ooi meer melk kan produseer. Alhoewel dit mag voorkom asof die groter dier minder bokhaar dra, is dit in werklikheid nie waar nie. Die groter bok het ten minste dieselfde hoeveelheid bokhaar aan die lyf, indien nie meer nie.

En laastens, met betrekking tot ander anatomiese bates, moet die ram met bykans koninklike kroonjuwele toegerus wees.

In die leek se persepsie fokus telers immer op ramme en hingste. Amper asof die ooi of die merrie bloot ʼn bysaak is.

“ Vir ons is die ooi en die ram ewe belangrik. Sonder die ooi is daar nie ʼn lam nie. En die ooi moet tog die lam grootmaak,” verduidelik Jordi.

Oor die afgelope 35 jaar het geen ooi wat nie dragtig geword het nie, op die plaas agtergebly nie. Slegs ooie wat produktief in hierdie omgewing is, word aangehou. En hierdie beginsel is die deurslaggewende faktor vir die plaas se sukses.

Onder: Jordi van Hasselt hou varsgeskeerde bokhaar vas, die vesel waarop Van Hasselt Farming se internasionale erkenning oor jare gebou is.