VAN HASSELT FARMING | ANGORABOKKE
“ Ons het tans ʼn speenpersentasie van 150 persent – iets waarop ons baie trots is. Die voordeel verbonde aan hierdie groot getalle om van te kies, is dat ons uiters streng kan kies en net een derde as vervangingsooie oorhou. Dieselfde geld vir die ramme wat ons verkoop,” sê Jordi.
Die beste 10 persent van hul ramlammers word op amptelike veilings verhandel.
Van grootmaak en bevrugting gepraat. Jordi tel ʼn handvol voer op wat soos graan lyk, toegevou in iets taai soos molasse, en verduidelik:“ Hierdie is wat ons vir flush feeding gebruik en dit help die ooie om makliker bevrug te word.”
Jordi het ook van die wêreld se beste en duurste ramme geteel.
Volgens Jordi moet die boer bereid wees om by die natuur en uit dieregedrag te leer.
BOKHAAR VAN WÊRELDGEHALTE
Jordi het ook van die wêreld se beste en duurste ramme geteel. Sy nederigheid laat hom egter nie toe om daaroor te spog nie.
Desnieteenstaande bied Farmer’ s Weekly die volgende lofbetuigings oor Van Hasselt Farming. Miyuki Keori is ʼn beroemde Japannese tekstielvervaardiger, en in samewerking met Mohair South Africa bied hulle jaarliks die Miyuki Keori Grand Champion Trophy aan. Van Hasselt Farming het hierdie trofee vir die afgelope 13 opeenvolgende jare gewen.
88 GROND TOT MOND APR 2026