Grond tot Mond April 2026 - Uitgawe 34 | Page 86

VAN HASSELT FARMING | ANGORABOKKE

Bo: Koelie Lenders in die skeerskuur, waar die bokke twee keer per jaar geskeer word— in Januarie en Junie.

Jordi is op een van die ander plase besig om te skeer. Die bokke wat wag om geskeer te word, word van voer en water voorsien. Dié wat reeds die vag afgegee het, is in ʼn ander kampie waar daar ook vir hulle versnaperings is. Ons hoor een wat luidkeels“ ma!” uitroep. Dit is ʼn jong bok wat vir die eerste keer geskeer word. Die skeerders werk egter versigtig en oordeelkundig. Dus word die bokke onder geen onnodige stres geplaas nie.

DIE OOI TEL NET SOVEEL SOOS DIE RAM

Volgens Jordi, en natuurlik ook Gay, beskik beide die ramme en ooie oor goeie, sterk koppe. Sterk beenstruktuur sodat hulle groter afstande kan aflê. Gay reken ook die groter diere het groter ruimte in hul borskaste om groter harte en longe te kan akkommodeer. Hierdie

86 GROND TOT MOND APR 2026