Grond tot Mond April 2026 - Uitgawe 34 | Page 85

ANGORABOKKE | VAN HASSELT FARMING

Bo: Jordi wys kinderpieletjies( Augea capensis), wat diere volgens hom nie vreet wanneer dit vol vloeistof is nie, maar wel wanneer dit droog is.

Dus sal een skeertyd altyd in een van die koue maande val. Die voordeel verbonde aan ooie met kort bokhaar is dat hulle dan beter bewus is van die weersomstandighede om hulle. Ooie met kort hare wat lam, sal onmiddellik vir hulself en die lammers warm skuiling soek. Met lang hare voel die ooie nie onmiddellik die koue nie, en dit plaas die lammers in gevaar.

Vervolgens is die ooie op hul vrugbaarste vanaf die middel van Maart tot die middel van Mei. Ramme dek die ooie slegs gedurende daardie tyd, omdat die weer dan koeler is. Die ooie lam dan net ná die einde van die winter, in Augustus.

Op ʼn treuriger noot staan Gay 17 jaar gelede haar geliefde Clive aan die dood af. Sy het egter oor die deursettingsvermoë beskik om die boerdery verder te ontwikkel totdat Jordi gereed was om oor te neem.

APR 2026 GROND TOT MOND 85