VAN HASSELT FARMING | ANGORABOKKE
weiding loop, maar daar is geen ruvoedsel nie, en môre loop hulle mae. Die boer kan onmiddellik die nodige doen.”
Met ander woorde: gerekende boere soos Gay en Jordi weet dus vooraf hoe die bokke op gegewe omstandighede gaan reageer, en dus word daar vooraf verseker dat die diere nie aan stresvolle oomblikke blootgestel word nie. En hierdie twee boere weet dus ook vooraf dat te veel groen weiding sonder ruvoedsel nie aangewese is nie.
Die bokke word twee keer per jaar geskeer – in Januarie en Junie. Onder gunstige omstandighede groei bokhaar teen ʼn minimum tempo van twee sentimeter per maand.
Onder: Korn Candy word op Van Hasselt Farming vir flush feeding gebruik om ooie makliker dragtig te kry.
“ Hierdie is wat ons vir flush feeding gebruik en dit help die ooie om makliker bevrug te word.”
84 GROND TOT MOND APR 2026