ANGORABOKKE | VAN HASSELT FARMING
Bo: Die bokke wei hier op lusern, wat as deel van Van Hasselt Farming se voedingsbestuur gebruik word.
oor angorabokke gesels. Later bestuur hy angoraboerderye en was baie geheg aan angoraboere. Lieflike mense met hul hoë etiese standaarde.”
BOER SAAM MET DIE NATUUR
Die angorabok bly baie goed aangepas by hierdie woestyn-agtige omgewing, met die uiterste koue in die winter en hitte in die somer, en weet instinktief watter soort voeding hulle volgende benodig. Dan trek hulle kordaat na waar daardie spesifieke bossies of gras groei.
“ Die angorabok reageer net baie vinniger op gegewe omstandighede as ander diere. Hulle sal byvoorbeeld vir jou wys indien iets met hulle verkeerd is. Stres hulle vandag, is hulle môre olik en die boer kan dit onmiddellik sien en die nodige daaromtrent doen. Laat hulle op groen
APR 2026 GROND TOT MOND 83