VAN HASSELT FARMING | ANGORABOKKE
“ Dus het die kinders van kleins af verstaan hoe uniek en belangrik selfs ʼn enkel grashalm is. Die waarde van daardie halm en die bossies wat hier groei, en hoe alles deel van die ekosisteem vorm. En om die natuur te versorg, sodat daardie natuur op sy beurt vir ons kan sorg.”
Clive het van jongs af geweet hy moet sy eie kop volg. Nié noodwendig dwarstrekkerig of domastrant nie. Net sy eie pad loop.
“ Clive het in ʼn familie van mediese dokters grootgeword. Ma, pa en ál sy sibbe. Clive wou egter boer. Hy was uiteindelik op Elsenburg, en daar het hy en ʼn vriend gereeld
BESIGHEID: Gay, Jordi en Frances van Hasselt, Van Hasselt Farming. Op hierdie foto is Gay en Jordi. AREA: Prins Albert, Wes-Kaap. OPSOMMING: Van Hasselt Farming is’ n Karoo-angorabokboerdery waar sterk genetika, natuurlike aanpasbaarheid en’ n innoverende benadering lei tot wêreldklas bokhaar en volhoubare prestasie.
82 GROND TOT MOND APR 2026