Grond tot Mond April 2026 - Uitgawe 34 | Page 81

ANGORABOKKE | VAN HASSELT FARMING

“ My man Clive het daardie stoetery in 1989 gekoop. Maar sy visie het geheel en al van die ander telers s’ n verskil. Hy het geglo die bokke word te klein geteel. Ons woon in die Karoo met sy straf klimaat. Dus benodig ons groter diere wat ver kan loop en vrugbaar is, met goeie moedereienskappe. Maar daardie visie het hom ʼn klomp taai klappe besorg, aangesien die ander telers nie sy sin vir vernuwing gedeel het nie. Hy het bloot laat weet:‘ Ek teel ʼn dier wat vir my werk. Uit en gedaan.’”

CLIVE SE VISIE LEEF VOORT

Gay se seun Jordi is tans die boer.“ Hy het ʼn ongelooflike oog en begrip vir die angorabok. Ook vir die natuur en die omgewing, en hoe hierdie faktore die bok beïnvloed,” vertel Gay.

As kinders het Jordi en sy suster, Frances, met hulle pa gesels, en hy het vir hulle gesê biologie is ons lewensessens.

Onder: Gay van Hasselt in gesprek met Hein Eksteen.

APR 2026 GROND TOT MOND 81