VAN HASSELT FARMING | ANGORABOKKE
Foto: Google Maps
Bo: Die Swartbergberge lê noord van Prins Albert, waar Van Hasselt Farming met Angorabokke boer.
VAN ANKARA TOT DIE KAROO
Soveel te meer Gay van Hasselt, die matriarg van Van Hasselt Farming, waar sy kolwyntjies en sterk boeretroos op die ruim voorstoep van haar plaashuis in die dorp bedien. Nie groot van gestalte nie. Maar lewenservaring( sowel eufories en tragies), deursettingsvermoë en wysheid laat haar bo mindere sterflinge uittroon. Kortbroek, gholfhemp, enkelstewels en ʼn hoed waarmee sy reeds oor vele horisonne gekyk het.
Gay vertel die eerste drie angorabokke is in 1838 uit Türkiye ingevoer.
Gay:“ Vanaf ʼn gebied in Türkiye genaamd Ankara. En dit is hoekom dié bokke angora genoem word. Van dié drie was twee ooie en een ram. Toe die bokke egter in Suid-Afrika aanland, besef die invoerders die ram is ʼn bokkapater. Die ou was gekastreer.”
Die probleem met die onvrugbare bokram is later op die een of ander wyse oorbrug, en so stig ʼn ene Cawood die eerste angorastoetery.
80 GROND TOT MOND APR 2026