Grond tot Mond April 2026 - Uitgawe 34 | Page 79

ANGORABOKKE | VAN HASSELT FARMING

Tydens ʼn vorige besoek aan Prins Albert noem ʼn rapkunstenaar in North End( die bruingebied gedurende die ou bedeling) dat die dorp ook bekend staan as Die LAP: Love and Peace. Ek vertrek, en voor die rapper se huis staan ʼn man met ʼn kontrepsie wat soos ʼn handgemaakte voëlhok lyk. Hy doen niks nie. Probeer nie die hok verkoop nie. Staan net daar. Die twee bruin oë stip op my. Later loop ek hom weer buite ʼn winkel raak. Steeds net die gestaar. Uiteindelik verlaat ek die dorp op die pad wat na die Swartbergpas lei. Daar staan hy weer. Asof hy sporadies aan my verskyn. Misties. Uitheems.

Onder: Prins Albert in die Groot Karoo, waar Van Hasselt Farming met Angorabokke boer. Die ras is oor dekades aangepas en geteel vir die streek se strawwe toestande, en vaar goed in die Karoo se kombinasie van warm, droë somers, koue winters en half-woestynagtige plantegroei.

Foto: Google Maps
APR 2026 GROND TOT MOND 79