Grond tot Mond April 2026 - Uitgawe 34 | Page 75

VOLHOUBAARHEID | KLEINBERG & HEXVINES

Bo: Elke stokkie in die kwekery word sorgvuldig versorg en van voorafbepaalde hoeveelhede voeding en water voorsien.

afgehard en met’ n stamdikte soos dié van’ n potlood is, voordat dit aan produsente verskaf word. Ons maak dus die stokke namens die produsente groot, en hulle kry die voordeel van gesonde, siektevrye en groot stokke wat vinniger in produksie kom nadat dit op hul plase geplant is,” vertel André.

“ Dit word dan ge-air prune sodat dit binne-in die sakkie verder kan vertak en’ n massa haarwortels vorm wat vir die stok’ n groot groeivoordeel gee.”

’ n Verdere voordeel is dat swak stokke maklik uitgeken kan word en dan óf behandel óf vernietig word. Die kweek van langbeenstokke is ook tot voordeel van die produsent wat stokke moet inboet, omdat groter stokke geplant kan word wat nie noodwendig ver agter die res van die wingerd is nie.

Een van die groot uitdagings van langbeenstokke is egter die logistiek. Normaalweg kan’ n produsent omtrent 3 500 stokkies op sy bakkie laai, maar met hierdie uitge-

APR 2026 GROND TOT MOND 75