Grond tot Mond April 2026 - Uitgawe 34 | Seite 76

KLEINBERG & HEXVINES | VOLHOUBAARHEID

groeide stokke moes Hexvines onlangs drie skakelvragmotors gebruik om 8 000 stokke na’ n plaas buite Robertson af te lewer.

Hulle het gelukkig oop grond gehad waar die kwekery opgerig kon word. Nou kan hulle 40 ha se druiwestokke op 1 ha huisves omdat dit in potte bymekaar geplant word. Hul nuwe kweekhuis gaan ondervloerse verhitting hê wat deur sonpanele gevoed word, en die warmwaterbehandeling sal ook daar gedoen word. Hexvines kon in twee jaar 27 ha met langbeenstokke hervestig, wat die wagtyd tot volle produksie aansienlik verminder.

Links onder: Die plantmetode van Hexvines moedig wortelgroei aan. Regs onder: In die plantmengsel waarin die stokke grootgemaak word, is wortelontwikkeling baie goed en help dit om die wingerdstok vinniger in produksie te kry.

76 GROND TOT MOND APR 2026