VOLHOUBAARHEID | KLEINBERG & HEXVINES
Bo: Doeltreffendheid en presisie loop hand aan hand op die lyn waar elke punnet voorberei word vir die mark.
Aanvaarde praktyk om stokke vir verdere groei voor te berei, is om dit met warm water te behandel. Sodra die stokke van die kwekerye aankom, word dit sorgvuldig afgekoel en teen die regte vogtigheidsgraad gehou om sowel uitdroging as die verspreiding van patogene te voorkom.
“ Die groei van gesonde stokke vir die bedryf vind hier in ons spesiaal geboude kwekery op Kleinberg plaas. Basies moet stokke skoon wees wanneer jy dit plant. Daarvoor word dit vir 30 tot 45 minute in warm water van 50 ° C geweek, mits die stok dormant is, anders word dit gebrand. Elke kultivar reageer anders, afhangend van die koolhidraatinhoud en ander kultivareienskappe.
“ Ons het begin om die stokke in potte te plant en gewonder hoekom die stokkies klein moet wees, soos
APR 2026 GROND TOT MOND 73