BEKAMP BAKTERIESE SIEKTES met warmwaterbehandeling
KLEINBERG & HEXVINES | VOLHOUBAARHEID
DIE SOEKE NA GESONDE PLANTMATERIAAL
’ n Ander vernuwende ontwikkeling op Klipheuwel, en iets wat tot voordeel van die hele tafeldruifbedryf ontwikkel word, is die grootmaak van langbeenstokke. Hier speel André du Toit, wat al 31 jaar in die tafeldruifbedryf betrokke is,’ n leidende rol.
“ Ons het Hexvines begin omdat ons gesien het daar is’ n behoefte aan gesonde plantmateriaal, gesonde grond en sterk stokke vir die bedryf. Die wynbedryf is ons hierin ver vooruit, maar ons het die afgelope paar jaar uitstekende vordering gemaak,” vertel hy.
“ Die wynbedryf is ons hierin ver vooruit, maar ons het die afgelope paar jaar uitstekende vordering gemaak.”
Die behoefte het ontstaan nadat siektes wingerdstokke besmet het en drastiese stappe gedoen moes word om sowel die stokke as die grond te saniteer voordat produksie kon voortgaan.’ n Grond- en plantdraende siekte het erg kop uitgesteek in die wingerde. Dit is uiters aansteeklik, en selfs knipskêre wat op’ n besmette plant gebruik is, moet gesaniteer word voordat daar aan’ n volgende stok gewerk word. Die grond moet ook gesaniteer word, verkieslik deur dit vir’ n jaar braak te laat lê.
www. bosmanadama. co. za
BEKAMP BAKTERIESE SIEKTES met warmwaterbehandeling
Met die nodige gespesialiseerde tegnologie vir warmwaterbehandeling, entmetodes en warm kallus tegnieke, plaas Bosman Adama nou die risiko van warmwaterbehandeling op die kwekery en nie op die wingerdprodusent nie.
Hierdie innoverende praktyk, waarby plantmateriaal teen 50 ° C vir 30 minute behandel word, word toegepas op alle bo- en onderstokmateriaal voordat dit geent word. Bykomend tot dit, is Bosman Adama ook in die posisie om slegs materiaal van getoetste en geïnspekteerde moederblokke te werf vanuit laer-risiko areas.
Warmwaterbehandeling hou‘ n groot voordeel in, deur die voorkoming van bakteriese siektes soos Vlamsiek en Kroongal asook swamme soos Phythium, Phytophtera & Petri Disease( Black Goo).
KONTAK GERUS VANDAG ONS SPAN OM JOU VOORKEUR PLANTMATERIAAL TE BESPREEK:
72 GROND TOT MOND APR 2026 |
LOURENS STEYN lourens @ bosmanadama. co. za 082 877 8050 |
STEFAN LOURENS stefan @ bosmanadama. co. za 082 337 7565 |
LUANA BADENHORST lu @ bosmanada m a. co. za 082 053 6126 |
NICOLENE KLOPPER nklopper @ bosmanadama. co. za 021 864 1705 |