WAARDETOEVOEGING | PIETER WIESE
aan’ n persoon se naam gekoppel het, kan die nageslag nie daarmee voortgaan nie en stort daardie handelsmerk net daar in duie. Daarom is dit baie belangrik om jou handelsmerk te beskerm. En dit is hierdie naam wat ons aan die nageslag oordra.” Tans word Lamb & Legacy se lammers by’ n slaghuis geslag en van daar na verskeie streke in die land gestuur.
IETS OM AAN TE GEE
Kasteel teel ook sy eie ramme van al die rasse. Die voordeel is eenvoudig: hulle is hul eie grootste kliënte. Met ander woorde, Kasteel se stoeterye teel vir Kasteel se kommersiële afdeling.
“ Ons weet dus wat die aanpasbaarheid en voorspelbaarheid van daardie ramme gaan wees, want om te meet is om te weet. En inenting en dosering word tot die minimum beperk en by sekere rasse word dit glad nie toegepas nie.”
MRT APR 2026 GROND TOT MOND 59