PIETER WIESE | WAARDETOEVOEGING
“ Dit is hoekom ons met die vetsterttipe skaap boer, omdat hulle diere is wat in hierdie wêreld aangepas is. Hierdie is diere wat nie nodig het om gevoer en afgerond te word nie. En daarom hou die voerkrale nie van die vetsterttipe skaap nie: hulle word te vinnig vet.”
En die moderne stadsmens hou mos nie van vet nie. Maar is hierdie benadering altyd reg? Om slegte en ongesonde cholesterol te bekamp, ja. Maar wat van die natuurlike vet wat deel vorm van die dier se aanpassing by sy omgewing en wat ook met smaak en gehalte saamhang?
“ Mense gaan winkel toe en soek maer vleis. Wat koop hulle dan?
“ En dit is wat die Karoo se vleis so lekker maak en dit gaan alles oor die plante wat die skaap hier vreet.”
Dikwels lam wat in’ n voerkraal gevoer en afgerond is, waar die diere vinniger groei. Sulke lammers het gewoonlik nie dieselfde natuurlike lyfvet nie en word dus nie maklik te vet nie. Wanneer hulle geslag word, val die laer vetklasse in A1 en A2, terwyl die hoër klasse, soos A4, A5 en A6, met vet wat as ongesond beskou word, ironies genoeg dikwels juis gesonder is.”
Besoek gerus Lamb & Legacy se webtuiste en Facebookblad om te sien waaroor hierdie besondere inisiatief gaan, en kry sommer’ n klomp smullekker resepte op die koop toe.
Kontakbesonderhede: Pieter Wiese: 082 868 4828 pieterwiese @ wiesebt. co. za
60 GROND TOT MOND APR 2026