PIETER WIESE | WAARDETOEVOEGING
Alles handel oor prys en nogmaals prys. Lamb & Legacy se duurste snitte begin by R160 per kilogram, terwyl jy in die stad by’ n kettingwinkel straks R300 en meer sou betaal.
“ Ons wil goeie vleis vir verbruikers bekombaar maak. En indien die besigheid werk, kan ons ander boere se lammers ook teen’ n premie betrek. Met ander woorde: indien dit met ons goed gaan, kan dit met ander boere óók goed gaan.”
“ Ons wil goeie vleis vir verbruikers bekombaar maak.”
Kostes styg, en as prysnemers word boere se inkomste deur ander magte bepaal. Die enigste manier om hierdie turksvy te omseil, is deur waardetoevoeging. Só staan sitrusboere saam en vestig hul eie pakhuise. Beesboere bring voerkrale op die been. Kleiner hoenderboere slag, verpak en bemark direk. Die groot vraag bly: Kom ons sê die skaapboer kry R90 per kilogram vir sy lam. Die onkostes vanaf geboorte, grootmaak en versending na die slagpale kom alles uit die boer se sak. Hoeveel kry hy aan die einde van die dag werklik vir sy lam?
“ Verder doen ons alles onder die naam Kasteel, wat ek dink my pa baie slim was. Indien hy byvoorbeeld die naam van die besigheid
58 GROND TOT MOND MRT 2026