Grond tot Mond April 2026 - Uitgawe 34 | Seite 57

WAARDETOEVOEGING | PIETER WIESE

’ N HANDELSMERK MET TANDE

“ Toe kom ons met die idee om ons eie lammers te slag, te verpak en direk aan die verbruiker te voorsien. Dit onder die handelsmerk Lamb & Legacy. Natuurlik wou ons finansieel daaruit baat, maar net so belangrik: ons wou’ n nalatenskap skep om iets vir ons kinders te gee. Indien die kinders sou belangstel, kan hulle mos in die toekoms daarmee voortgaan.”

Behalwe vir een van die vyf direkteure, is almal boere. Die oorblywende direkteeur is’ n vlytige dame wat vir administrasie en sosiale media verantwoordelik is.

“ En sy is vir ons van groot waarde, want ons manne is in die veld en nie altyd op datum met admin en bemarking nie.”

APR 2026 GROND TOT MOND 57