PIETER WIESE | WAARDETOEVOEGING
Gannabos, skaapbos en kapokbos is deel van daardie storie. Hierdie plante het’ n sterk geur, en dit is juis daardie veld wat ook sy merk op die vleis laat.
“ En dit is wat die Karoo se vleis so lekker maak en dit gaan alles oor die plante wat die skaap hier vreet. En indien ons goeie reën gekry het, is daar geen plek in die wêreld wat ons kan klop met groei nie.”
Op’ n meer persoonlike noot het Pieter sy skoolloopbaan by Hoër Landbouskool Oakdale op Riversdale voltooi. Daarna het hy vir twee ander boere gaan werk om te leer wat om te doen – en wat om nie te doen nie.
“ Dit is van uiterste belang om foute te kan maak en die gepaardgaande punches te vat. Dit is mos hoe jy leer. En jy moet kan eienaarskap neem vir die besluite wat jy neem.”
54 GROND TOT MOND APR 2026