Grond tot Mond April 2026 - Uitgawe 34 | Página 53

WAARDETOEVOEGING | PIETER WIESE

Pieter boer met verskeie veerasse: witdorper, Van Rooy, dorper, SA White Persies, boerbokke, angoras, merino en Tuli-beeste. Alles, behalwe volstruise. Diversifisering is dus nie net’ n mode-woord nie, maar deel van hoe die boerdery teen droogtes en markskommelinge verskans word.

“ Indien een van die rasse swaarkry, sleep die ander hopelik die ras deur die drif.”

DIE KASTEEL IN DIE KAROO

Boere is soms van mening die merino pas beter in’ n sekere deel van die Karoo, terwyl die dorper weer beter in ander streke aard. Volgens Pieter is die vetstertskaap egter’ n belangrike verskansing teen droogtes, en daarom bestaan hul groter boerdery meestal uit vetsterttipes.

“ Hier is ons in’ n baie klein streek wat wêreldbekend is omdat ons die lammers van die veld af kan bemark. Hierdie gebied staan bekend as die Hardemanskaroo.’ n Klein streek met ongelooflike hoë proteïenveld wat diere baie goed laat groei.”

MRT 2026 GROND TOT MOND 53