In 2022 begin hy om sy opgeboude kennis op Kasteel toe te pas. In 2025 vestig hy en sy mededirekteure Lamb & Legacy.
DIE KRAG VAN VELD EN VETSTERT
WAARDETOEVOEGING | PIETER WIESE
Voordat Pieter meer oor Lamb & Legacy vertel, neem hy ons eers veld toe om die veld en skaap te gaan kyk. Werkers en skaaphonde is reeds daar, maar die kampe is groot, die skaap ver en die veld mag nie met bakkies platgery word nie.
Pieter pluk kordaat’ n indrukwekkende hommeltuig uit, en daar vertrek die vlieënde werker die lug in om die skaap aan te keer en nader te bring.
“ Met hierdie outjie keer ek groot troppe skaap aan en kry hulle binne’ n kort tydjie in die kraal.”
Lamb & Legacy se duurste snitte begin by R160 per kilogram, terwyl jy in die stad by’ n kettingwinkel straks R300 en meer sou betaal.
APR 2026 GROND TOT MOND 55