Grond tot Mond April 2026 - Uitgawe 34 | Page 51

WAARDETOEVOEGING | PIETER WIESE

PLANNE VIR’ N DROË LAND

Die besondere naam Kasteel is nie die gevolg van’ n koppie of iets anders wat soos’ n kasteel lyk nie. Die plaas spog met’ n regte egte kasteel – selfs toegerus met kruisvormige skietgate bo-aan die enorme torings waardeur middeleeuse ridders op aanvallers sou losbrand. Besoekers wonder seker gereeld hoe moontlike potslagters oor hierdie bewapening voel – hopelik angstig genoeg om ver weg te bly.

Nietemin het ene Jan Hugo die indrukwekkende kasteel in 1974 voltooi nadat hy vyf jaar lank in die sweet van sy aangesig daaraan gearbei het.

Pieter vertel:“ Jan, sy vrou en vyf werkers het die kasteel gebou nadat hy die oorspronklike in Bavaria op die agterkant van’ n pakkie 30 Lexington-sigarette geteken het. Die ou kêrel was baie eksentriek en het meer soos’ n rancher as’ n Karoo-boer geleef. Hy het selfs sy skaap met’ n spotter plane besoek. Later is werkers op motorfietse uitgestuur om die skaap in te bring om bemark te word. Hy het ook damme gebou wat met boorgate toegerus is. Die water kom onder die grond in en dan ontstaan fonteine en vleilande stroomop.”

MRT 2026 GROND TOT MOND 51