Grond tot Mond April 2026 - Uitgawe 34 | Page 50

PIETER WIESE | WAARDETOEVOEGING

Waardetoevoeging is egter vandag die slagspreuk van vele produsente. Neem byvoorbeeld Lamb & Legacy. Hierdie besigheid word deur Pieter Wiese en vier mededirekteure, Lukie Steenkamp, Jana Tippet, Hannes Olivier en Sybrand Venter, op die plase Kasteel, Minaskolk, Witvlei en Trywell in die Loxton- en Carnarvonomgewings bestuur. Deur self hul lammers te slag en direk aan verbruikers te voorsien, sny hulle die immer gierige middelman uit en beding beter pryse. Die gemiddelde boer is immers’ n prysnemer, terwyl dié wat direk bemark, hul eie mededingende pryse kan vasstel. En beide die produsent en die verbruiker vind daarby baat. Later meer oor Lamb & Legacy.

Sterk agterkwartontwikkeling by SA White Persies is die resultaat van genetika, seleksie en aanpasbaarheid.

Bo: Op Kasteel in die Hardemanskaroo wys hierdie trop SA White Persies wat moontlik is waar’ n klein, unieke streek se hoë proteïenveld diere natuurlik en besonder goed laat groei.

50 GROND TOT MOND APR 2026