WAARDETOEVOEGING | PIETER WIESE
Denkende landbouprodusente weet: om risiko te verskans, moet’ n boerdery diversifiseer, uitbrei of waarde toevoeg. Dit is egter nie vir almal moontlik nie, en daarom word nuwe planne gemaak.
In die Karoo skep baie boerevroue byvoorbeeld ekstra geleenthede, van skoonheidsprodukte en gastehuise tot plaaswerkswinkels, kosprodukte en lams- of wildspasteie wat gereeld Kaap toe gaan.
EIENAAR: Pieter Wiese AREA: Loxton, Noord-Kaap OPSOMMING: Kasteel in die Hardemanskaroo is’ n gediversifiseerde boerdery waar Pieter Wiese met Witdorpers, Van Rooys, Dorpers, SA Wit Persies, Boerbokke, Angoras, Merino’ s en Tuli-beeste boer. Deur Lamb & Legacy verwerk, verpak en bemark hulle ook hul eie lammers, en voeg só waarde toe met’ n handelsmerk wat die plaas se vleis direk tot by die verbruiker neem.