NUUS | BROKKIES
Gebou vir werk Die nuwe Vigus het’ n gespierde voorkoms en indrukwekkende afmetings van 5 335 mm lank, 1 882 mm breed en 1 834 mm hoog. Volgens JMC is funksionaliteit’ n kerndeel van die ontwerp, met’ n nuwe laaibak wat op bruikbaarheid gemik is,’ n lae bakhoogte van 750 mm vir makliker laai, en agterdeure wat tot 75 ° oopmaak om groter items eenvoudiger te hanteer. Vir produsente wat daagliks voer, toerusting, kratte of onderdele vervoer, is dit die soort praktiese besonderhede wat dadelik opval.
Krag onder die bakwerk
JMC sê die Vigus is gebou met duursaamheid as prioriteit. Die bakwerk bestaan volgens die vervaardiger uit 68 % hoësterkte-staal, terwyl die onderstel van 420-graadstaal vervaardig is. Al die buitenste panele is gegalvaniseer om beter teen roes en wisselende klimaatstoestande te kan weerstand bied. Onder die enjinkap sit’ n 2,5-liter turbodiesel wat 123 kW en tot 430 Nm lewer, met sterk laetoer-wringkrag wat veral onder vrag en teen steiltes nuttig behoort te wees. JMC voeg by dat die Vigus oor 4 milj. kilometer getoets is om sy duursaamheid te bewys.
Meer gemak in die kajuit Hoewel die Vigus duidelik as werk-esel verkoop word, probeer JMC ook wys dat robuustheid nie gemak hoef uit te sluit nie. Die kajuit kry ergonomiese sitplekke van die bekende LEAR-handelsmerk, asook’ n 325 mm digitale skerm met draadlose Apple CarPlay en Android Auto,’ n 228 mm instrumentepaneel en stelsels soos Hill-Start Assist, Hill Descent Control en banddruk-monitering. Agter is daar ook ruim sitplek, wat die dubbelkajuit meer prakties maak vir gesinsgebruik of wanneer ekstra passasiers saamry.
34 GROND TOT MOND APR 2026