Grond tot Mond April 2026 - Uitgawe 34 | Page 35

BROKKIES | NUUS

Prys wat aandag gaan trek

Die nuwe Vigus word plaaslik in drie weergawes aangebied: die M / T 4x2 teen R399 900, die A / T 4x2 teen R459 900 en die A / T 4x4 teen R499 900. Dit plaas hom bekostigbaar in die mark. Ter vergelyking begin gevestigde dubbelkajuite soos die Toyota Hilux, Ford Ranger, Isuzu D-Max en GWM P300 merkbaar hoër, terwyl Mahindra se intreepryse nader aan die JMC s’ n lê. Op papier maak dit die Vigus dus’ n aantreklike opsie vir kopers wat’ n nuwe dubbelkajuit soek sonder om diep in die duurder prysklasse in te beweeg. Soos altyd sal die ware toets egter nie net die koopprys wees nie, maar hoe goed die voertuig, diens en onderdele-ondersteuning oor tyd in die praktyk saamwerk.

JMC brei tans sy voetspoor aggresief uit in Suid-Afrika, met die doel om teen die einde van 2026 altesaam 40 handelaars te hê.