Grond tot Mond April 2026 - Uitgawe 34 | Page 33

BROKKIES | NUUS

Nuwe JMC Vigus mik na plaas én pad

Met die bekendstelling van die nuwe JMC Vigus in Suid- Afrika kry ons nóg’ n nuwe opsie in die dubbelkajuitmark. JMC South Africa, wat deur die Salvador Caetano Group versprei word, beskryf die Vigus as’ n bakkie wat“ Built for More” is, met ander woorde een wat sterk genoeg vir werk moet wees, maar steeds genoeg gemak en verfyning vir alledaagse gebruik bied. Vir boere is dit juis daardie kombinasie wat tel:’ n bakkie moet op die plaas kan werk, op grondpaaie kan hou, en steeds sy man op die langpad kan staan.

APR 2026 GROND TOT MOND 31