Grond tot Mond April 2026 - Uitgawe 34 | Seite 25

BROKKIES | NUUS

Maar die rak vertel meer as net’ n suiwelstorie

Rys was die grootste volumewenner in die hele groep met groei van 10,1 % oor twaalf maande, terwyl kitsgraan met 3,6 % en brood met 1,1 % gestyg het. Kortlewe-sap was effens op met 0,2 %, tee met 0,3 %, terwyl koffie netnet laer was op-0,3 %. Mieliemeel en margarien was oor die jaar swakker, met volumes onderskeidelik 2,0 % en 1,1 % laer. Met ander woorde: verbruikers het nie oral op dieselfde manier gereageer nie. Sommige kategorieë het steeds gegroei, ander het onder prys- en begrotingsdruk gebuk gegaan.

11,9 %

Koffie se gemiddelde kleinhandelprys was 11,9 % hoër as’ n jaar tevore, die grootste twaalfmaand-prysstyging van al 17 produkte.

Die skerpste prysverhoging in die verslag is koffie Die gemiddelde kleinhandelprys van koffie was in Desember 2025 11,9 % hoër as in Desember 2024, die grootste twaalf-maandstyging van al 17 produkte in die vergelyking, terwyl volume oor die volle jaar net 0,3 % laer was. Dit pas by wat internasionaal met koffie gebeur het: die International Coffee Organization se saamgestelde koffieprys was in Maart 2025 86,6 % hoër as’ n jaar tevore, en in September 2025 nog 25,4 % bo die vlak van September 2024. FAO het die styging gekoppel aan aanbodontwrigtings en ongunstige weer, veral in groot produsentelande soos Brasilië en Viëtnam, terwyl NAMC daarop wys dat koffie in Suid-Afrika byna

APR 2026 GROND TOT MOND 23