NUUS | BROKKIES
heeltemal invoerafhanklik is, wat beteken dat wêreldpryse, wisselkoerse en logistiek baie vinnig in plaaslike winkelpryse kan deurwerk.
Tee was duurder, maar minder dramaties In die NielsenIQ-verslag was tee se gemiddelde kleinhandelprys in Desember 2025 5,8 % hoër as’ n jaar tevore, terwyl volume oor die jaar net 0,3 % hoër was. Dit strook met die breër prentjie in plaaslike inflasiedata: Stats SA het laat in 2025 steeds verhoogde inflasie in warm drankies aangeteken, en NAMC se voedselmandjie het reeds in 2025 gewys dat koffie- en teekoste bo die gemiddelde voedselmandjie se inflasie beweeg.
10,1 %
Rys was die grootste volumewenner van al 17 produkte in die vergelyking, met groei van 10,1 % oor die jaar.
Brood en mieliemeel vertel’ n ander storie
By brood en mieliemeel lyk die prentjie heeltemal anders. Brood se volume was 1,1 % hoër oor die jaar en die gemiddelde kleinhandelprys 1,3 % hoër, wat’ n betreklik gematigde skuif is. Dit pas by Stats SA se aanduiding dat brood- en graaninflasie teen einde 2025 relatief laag gebly het, met bruin- en witbrood wat wel duurder geword het, maar teen’ n veel laer tempo as baie ander koskategorieë. Tog bly brood deel van’ n ketting wat nie net deur plaashekpryse bepaal word nie: die Departement van Landbou wys dat Suid-Afrika toenemend van ingevoerde koring afhanklik is, wat plaaslike koringpryse naby invoerpariteit hou.
26 GROND TOT MOND APR 2026