NUUS | BROKKIES
Wat bly in die trollie?
Die jongste NielsenIQ-data tot einde Desember 2025, saamgestel deur SAMPRO vir Milk SA, volg nege suiwelprodukte en agt ander gewilde kosprodukte in die kleinhandel. Oor die twaalf maande tot einde Desember 2025 het agt van die nege suiwelprodukte beter volumes as in 2024 getoon, met amasi, room, roomkaas en boks-melk onder die sterkste presteerders.
Suiwel hou sy plek in die trollie
Amasi se kleinhandelvolume was oor die jaar 6 % hoër, room 5,9 %, roomkaas 5,5 % en UHT-melk 5,4 %. Verpakte kaas, jogurt en botter het ook gegroei, terwyl vars melk feitlik plat was op-0,1 %. Nog belangriker: in die ses maande tot Desember 2025 was die verkoopsvolumes van al nege suiwelprodukte hoër as in dieselfde tydperk van 2024. Dit dui op’ n kategorie wat, ondanks druk op huishoudelike besteding, steeds as deel van die daaglikse kosmandjie bly tel.
21,9 %
Rys se gemiddelde kleinhandelprys was 21,9 % laer as’ n jaar tevore
24 GROND TOT MOND APR 2026