BROKKIES | NUUS
is. Goue vennote sluit Woolworths, Condio, Hollard, Checkers, IFF, Orchem en die Wes-Kaapse Departement van Landbou in. Mane, SPAR en Fruitique tree as silwervennote op, met Agrana Fruit, Polyoak Packaging, Tetra Pak en Ecowize as bronsvennote.
Oë nou op die toekennings
Die wenners word op 23 April tydens die Suid-Afrikaanse Suiweltoekennings by Nederburg Wynlandgoed in Paarl aangekondig. Die kampioenskappe sluit sowat 150 klasse vir kaas, melk, room, jogurt, botter, roomys en gefermenteerde produkte in. Nuwe klasse vanjaar sluit onder meer smoothies en kondensmelk in.
Klaswenners word as SA Kampioene aangewys, terwyl produkte van uitstaande gehalte met die gesogte Qualitémerk bekroon word, die hoogste erkenning in die suiwelbedryf. Die beste produk algeheel word as Produk van die Jaar aangewys.
Vir die bedryf is dit dus nie net’ n kans om mee te ding nie, maar ook om standaarde te toets, innovasie te wys en erkenning vir uitnemendheid te ontvang.
MRT 2026 GROND TOT MOND 23