NUUS | BROKKIES
Grootste nóg SA Suiwelkampioenskappe lok bedryf se bestes
Die 2026 SA Suiwelkampioenskappe trek hierdie week die suiwelbedryf se voorste rolspelers na Eensgezind buite Durbanville, en vanjaar is dit groter as ooit. Rekordgetalle vir inskrywings, produsente, beoordelaars en vennote getuig van’ n bedryf wat, ten spyte van uitdagings, steeds op gehalte ingestel bly.
Met altesaam 1 227 produkte, 81 produsente, 130 beoordelaars en 20 vennote word nuwe rekords oor die hele linie opgestel. Dit bevestig weer die omvang van die kampioenskappe, wat reeds vir byna twee eeue as’ n belangrike maatstaf vir uitnemendheid in die suiwelbedryf dien.
Van links is internasionale beoordelaar Steve Bullin( VK), hoofbeoordelaar Graham Sutherland, nuwelingbeoordelaar Lize Marié du Toit van die Melkprodusente-organisasie( MPO) in die Wes-Kaap, en Breyton Milford, Bestuurder van Agri-Expo, tydens die beoordeling van die 193ste SA Suiwelkampioenskappe, aangebied van 25 tot 27 Maart by Eensgezind, Durbanville, deur Agri-Expo. Foto: A Gorman Photography
20 GROND TOT MOND APR 2026