Grond tot Mond April 2026 - Uitgawe 34 | страница 21

BROKKIES | NUUS

Groter as ooit tevore“ Dit is deur die bank die hoogste getalle wat ons nog gesien het,” sê Breyton Milford, hoofbestuurder van Agri- Expo, wat die kampioenskappe reeds sedert 1834 aanbied. Volgens hom wys die volgehoue deelname dat produsente steeds groot waarde in die platform sien.

“ Die bedryf het uitdagings, maar die volgehoue fokus op gehalte op hierdie vlak wys die vertroue wat produsente steeds in Agri-Expo en hierdie platform het,” sê hy.

Die beoordeling het Woensdag 25 Maart met melk en roomys afgeskop, gevolg deur kaas en botter op Donderdag 26 Maart.’ n Belangrike mylpaal vanjaar is dat 700 kase beoordeel is, die meeste nóg in dié kategorie. Die kampioenskappe word op Vrydag 27 Maart afgesluit met jogurt en gefermenteerde produkte in die kollig.

Gehalte onder druk, maar steeds op standaard

Volgens hoofbeoordelaar Graham Sutherland kom vanjaar se rekords in’ n tyd waarin die bedryf onder groot druk funksioneer. Hy verwys veral na die huidige bek-enklouseer-uitbreking en die bykomende vereistes waaraan produsente en vervaardigers moet voldoen.

“ Met die huidige bek-en-klouseer-uitbreking as agtergrond, verdien suiwelboere erkenning vir hul veerkragtigheid en vasberadenheid om melkproduksie vol te hou,” sê hy.“ Ook vervaardigers wat aan bykomende vereistes moet voldoen, lewer steeds’ n uitsonderlike reeks produkte. Die gehalte van inskrywings bly deurgaans op’ n baie hoë vlak.”

Dit is juis hierdie vermoë om aan te pas en aan te hou presteer wat die kampioenskappe jaar ná jaar relevant hou.

Meer as net’ n kompetisie Die Wes-Kaapse Minister van Landbou, dr. Ivan Meyer, het die beoordeling bygewoon om beoordelaars

APR 2026 GROND TOT MOND 21