Grond tot Mond April 2026 - Uitgawe 34 | Page 19

BROKKIES | NUUS

Antibiotika onder groter vergrootglas

Die verslag beklemtoon ook die verantwoordelike gebruik van antimikrobiese middels in die suiwelketting. Antimikrobiese weerstand word as’ n wêreldwye gesondheidsbedreiging beskryf, en IDF se riglyne lê klem op biosekuriteit, inenting, naspeurbaarheid en beter besluitneming. Die boodskap is duidelik: goeie gesondheidsbestuur begin lank voor behandeling nodig word. Vir melkboere beteken dit dat antibiotikagebruik al minder as’ n losstaande veeartsenykundige saak gesien gaan word, en al meer as deel van’ n boerdery se totale bestuurskultuur.

210 milj.

Die hoeveelheid kinders wat wêreldwyd suiwelprodukte deur middel van skoolprogramme ontvang.

Suiwel bly’ n belangrike bron van voeding Teen die agtergrond van wêreldwye debatte oor alternatiewe proteïene, probeer IDF ook sterk wys op melk se voedingswaarde. Die verslag noem dat meer as 210 milj. kinders in 104 lande melk of melkprodukte deur skoolprogramme ontvang. Dit beklemtoon weer melk se rol as toeganklike bron van voedsel, veral in die konteks van kinderontwikkeling en voedselsekerheid.

APR 2026 GROND TOT MOND 19