Grond tot Mond April 2026 - Uitgawe 34 | Page 18

NUUS | BROKKIES

2025 in Kigali, Rwanda, met die tema“ Sustainable Dairy for Prosperous Africa”. Die klem was op voedselsekerheid, ekonomiese groei en beleg-ging in suiwelinfrastruktuur. Suid-Afrika verskyn ook as deel van IDF se 40-lidlande.

Dit mag na’ n klein detail klink, maar dit sê iets groter: Afrika word al hoe meer as deel van die wêreldsuiweltoekoms gesien. Vir Suid-Afrikaanse produsente beteken dit dat plaaslike uitdagings soos koste, klimaat en doeltreffendheid toenemend in’ n internasionale konteks gelees word.

Wat regtig saak maak op plaasvlak

IDF plaas heelwat klem op diergesondheid, dierwelsyn, kalwer-versorging en hittestres. Veral laasgenoemde staan uit. Die verslag wys daarop dat hittestres by melkkoeie’ n groeiende probleem is met’ n direkte ekonomiese impak op melkproduksie. Daar word spesifiek verwys na versagtingsmaatreëls soos verkoeling, genetiese seleksie en voedingsaanpassings. Doeltreffende bestuur van hittestres verbeter nie net melkproduksie nie, maar ook vrugbaarheid, koei-gesondheid en uiteindelik die volhoubaarheid van die boerdery.

Kalwerversorging word ook as’ n kernfaktor uitgelig. Die logika is eenvoudig: beter versorgde kalwers groei uit in gesonder, meer produktiewe koeie. Dit help nie net met prestasie nie, maar verminder ook die kans op siekte en die behoefte aan antibiotika later.

18 GROND TOT MOND APR 2026