Flink Oktober 2023 55 | Page 36

instansies is elk verantwoordelik vir die opknapping en instandhouding van die Heldeakker en het Saterdag 2 September 2023 hierdie samewerkingsinisiatief met groot trots afgeskop met ' n skoonmaakaksie en opedag vir die publiek .
' n Inisiatief van dié kaliber word selde aangepak en reeds meer as 10 instansies , waaronder die FAK , die Erfenisstigting , die Voortrekkermonument , AfriForum Noordvan-die-Berg-tak , Helpende Hand , die Krugergenootskap , die Rapportryers , die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans ( GHA ), CVO Skool Pretoria en Laerskool Pierneef , het saam met Quentin Meyer byeengekom vir die eerste gesamentlike skoonmaaksessie van vele .
Sedertdien is Pierneef en Jopie Fourie se grafte ook skoongemaak . Laerskool Pierneef het die inisiatief geneem om ook te kom help om Pierneef se graf skoon te maak , op te knap en te verfraai .
Jy kan ook nou die Heldeakker saam met jou gesin besoek . Hou die FAK se sosiale media dop om die datums te sien waarop die publiek die Heldeakker kan besoek .
Vrouemaand deur die plaaslike Maluti Landsdiens Vereniging wat by die skool ontstaan het .
Anna Susanna Scheepers was ' n sterk vrouefiguur tydens die groot Trek en Louis Tregardt het oor haar in sy dagboek geskryf . In die omgewing van die Soutpansberg het die eerste groot slag Antjie Scheepers getref toe haar man op ' n soekekspedisie na die vermiste Van Rensburg-trek , vroeg in 1837 aan die koors beswyk het . Vir die res van die trek sou sy as hoof van die huisgesin vir nege kinders moes sorg en die boerdery behartig , ' n taak wat sy met groot moed en deursettingsvermoë verrig het .
Die FAK Kaapse kultuurnetwerk het op Vrouedag , 9 Augustus , ' n boekbespreking gehou oor Wieg deur Joan Kruger . Kruger was voorheen die redaktrise van Sarie , Vrouekeur en Rooi Rose .
Wieg pas baie goed aan by ons Hugenote herdenkingsprojekte vanjaar – die Hugenotemonument is 75 jaar gelede ingewy ( 1948 ), die Hugenote het 335 jaar gelede gekom ( 1688 ) en die laaste skip met Hugenote het in Augustus 1688 in Suid-Afrika aangekom . Die boek spreek ook temas aan wat vandag nog relevant is .
' n Beeld van Grietjie Prinsloo is ook by die Voortrekkermonument se Trekroetetuin onthul . Grietjie Prinsloo is tydens die Bloukransmoorde 26 keer met ' n assegaai gesteek , maar het die aanval oorleef .
CJ Langenhoven
Daar was baie sterk vroue in die geskiedenis en die FAK het hierdie vroue nasionaal vereer .
Op Vrouedag ( 9 Augustus 2023 ) het die Hoërskool Ladybrand en Maluti Landsdiens Vereniging namens die FAK ' n kranslegging gehou vir Antjie Scheepers op haar herdenkingsdag . Die monument word al vir jare onderhou
Die FAK het op 13 Augustus ' n herdenkingsgeleentheid gehou vir CJ Langenhoven by sy eerste woning in Arbeidsgenot . By hierdie geleentheid in Oudtshoorn het ' n groep mense bestaande uit inwoners van Oudtshoorn , Hartenbos en George , lede van die Langenhoven Gedenktrust en Die Voortrekkers saam met die FAK ' n middag saamgekuier om CJ Langenhoven te onthou vir die groot werk wat hy oor jare gedoen het om Afrikaans tot erkende landstaal te bevorder naas Engels .
Groot Trek-herdenkingsklippe by Rustenburg geverf
Die FAK se Rustenburg-Kultuurnetwerk in samewerking met Laerskool Rustenburg se Landsdiens , die Magalieskruin en Elandsprag Voortrekkerkommando ' s en die Rapportryers
35 AFRIKAANS