Flink Oktober 2023 55 | Page 35

FAK-kultuurnetwerke staan pa vir ons erfenis
KULTUUR
Lichtenburg-museum
KULTUUR-
NETWERKE
Ons Kultuurnetwerke , ons staatmakers
Die Noordwes Landboumuseum in Lichtenburg is al ' n geruime tyd in die nuus , weens diefstal en vandalisme wat maak dat ons kosbare erfenis verlore gaan en die Ditsobola-munisipaliteit se versuim om iets aan die saak te doen . Die FAK het dadelik ingespring om die leisels te neem , en het in samewerking met die Erfenisstigting erfeniskenners gestuur om die stand van sake te ondersoek by die Noordwes Landboumuseum en die gevolgtrekking was niks minder as skokkend nie .
Hierdie het die FAK nou genoop om ' n petisie van stapel te stuur en die gemeenskap te mobiliseer om die kosbare voorwerpe wat oorgebly het na die diefstal en brand , in veilige bewaring te plaas , wat die munisipaliteit ten sterkste teenstaan .
Dit het die FAK gelei om regsadvies te nader oor wat die moontlike volgende stap is om die munisipaliteit tot aksie te dwing . Die FAK sal nie rus voor die items in hierdie museum veilig is nie . Ons is dankbaar vir elke persoon wat die petisie geteken het en met ons hande vat om ons erfenis te beskerm .
Die Heldeakker

FAK-kultuurnetwerke staan pa vir ons erfenis

Augustus en September was bedrywige twee maande vir die FAK en ons kultuurnetwerke is hard aan die werk om ons erfenis te bewaar en ons geskiedenis toeganklik te maak vir die volgende geslag . Lees hier in hooftrekke die belangrikste projekte wat ons kultuurnetwerke die laaste twee maande aangepak het .
Die Heldeakker Samewerkingsinisiatief het al meer as tien instansies verenig met een doel : om die Heldeakker in Pretoria te bewaar en tot sy vorige glorie te herstel . Betrokke
AFRIKAANS
34