Flink Oktober 2023 55 | Page 34

KRUGER-KANTOOR vir die eerste maal oop vir die publiek
NUUS

KRUGER-KANTOOR vir die eerste maal oop vir die publiek

legs ' n handjievol mense het al die

Svoorreg gehad om die kantoor van die geliefde president van die Zuid- Afrikaansche Republiek , Paul Kruger te besigtig . Nou is dié historiese vergaderplek van een van Suid-Afrika se grootste figure oop vir die publiek .

Die amptelike opening van Kruger se kantoor by die Ou Raadsaal op Kerkplein het op 23 September 2023 plaasgevind en die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge ( FAK ) ondersteun die Tshwanemetroraad in die besluit om die historiese vertrek vir die publiek oop te stel wat die groter storie van Kruger en sy rol in die Afrikanergeskiedenis vertel .
Tshwane beoog om toerisme in Pretoria te bevorder deur toere op die been te bring gesentreer rondom Paul Kruger en sy historiese bydrae en erfenis . Op dié toere sal dan verskeie bestemmings soos Kruger se kantoor , sy standbeeld op Kerkplein en die Krugerhuis besoek word .
Die FAK stap ' n lang pad met die geskiedenis van Paul Kruger en het ' n replika van die standbeeld op Kerkplein laat giet , wat in 2025 in Orania onthul gaan word . Paul Kruger is ' n historiese figuur wat vir elke Suid-Afrikaner ' n inspirasie en rolmodel is .
James Boale , erfenisspesialis by die Tshwane-metroraad , is opgewonde oor dié projek .
“ Kerkplein is nie so besig soos wat dit in die verlede was nie en deur hierdie kantoor oop te maak vir publieke toere , maar ook te verbind aan ander erfenisbakens , kan hierdie sentrum ' n lieflike atmosfeer bied . Op die ou end wil ons graag Kerkplein opknap en na sy vorige glorie herstel , sodat dit meer besoekers lok .
Melissa Lindeque , Dirk Oegema , Thabo Mokebe , Marius Ackermann , Susie Ackermann , Danie Langner , James Boale
“ Pretoria het soveel lae van geskiedenis en hierdie is ' n belangrike gedeelte van Suid-Afrikaanse geskiedenis . Deur die kantoor vir die publiek toeganklik te maak , ontsluit dit soveel ander toerismegeleenthede en ander erfenisbakens in Pretoria wat dan besoek kan word . Dit is egter die geskiedenis van Pretoria .”
Op 6 Mei 1889 is die hoeksteen van die Ou Raadsaal deur Paul Kruger gelê en in 1891 voltooi en is deur die argitek , Sytze Wierda ontwerp .
Die Kruger-kantoor sal van Oktober af , Paul Kruger se verjaarsdagmaand , oop wees vir publieke besoeke . Besprekings kan by Melissal @ tshwane . gov . za gedoen word .
Marné Pienaar
33 AFRIKAANS