Flink Oktober 2023 55 | Page 33

Kranse wat gelê is by Paul Kruger se graf op 10 Oktober .
Noëth sê tereg dat tussen die organisasies wat kranse gelê het , meer as 700 000 Afrikaners verteenwoordig word .
“ Krugerdag gaan nie daaroor om Kruger as mens te vereer nie , maar om die ideale waarvoor Kruger geleef en gesterf het , te herdenk .”
“ Ons het in Kruger ' n besondere rots gekry en hý het gebou op die Rots , Jesus Christus . Ons dink vandag daaraan terug en dink aan wie Paul Kruger was . Ons kyk terug en bou op die beginsels waarop hy gestaan het ,” het Noëth gesê .
Oud en jonk het by Oom Paul se graf byeengekom om ' n reus uit ons geskiedenis te herdenk . Dit is ' n riem onder die hart om te sien hoe mense onbeskroomd hul geskiedenis onthou en eer .
Corli-Petrea van Niekerk ( 23 ) het ' n krans kom lê namens die oudleerlinge van CVO Skool Pretoria en dra dit op “ aan elke jongmens wat vashou aan sy herkoms .”
Na die kranslegging is ' n gedenkdiens in die Krugerkerk gehou deur ds . Stephan Botha van die Nederduitsch Hervormde Gemeente Rustenburg-Suid .
Prof . Fransjohan Pretorius het daar ook die feesrede vir die verrigtinge gelei .
“ As ' n 10-jarige seuntjie in 1959 staan ek waar die vredesonderhandelinge gebeur het en ek gaan staan presies waar Paul Kruger gestaan het . Vandag 64 jaar later , staan ek in die kerk en het die voorreg om die feesrede te gee . Dit is ongelooflik spesiaal vir my .”
“ Wat sê Paul Kruger vir ons vandag ? Dra die geskiedenis oor aan die kinders en kleinkinders . Maak kontak met die FAK , daar is ' n magdom boeke wat tot mense se beskikking is … Iewers gaan daar ' n saadjie ontkiem en ' n seuntjie gaan daar staan waar Paul Kruger gestaan het ,” het Pretorius gesê .
Die betrokke organisasies wat kranse gelê het , was die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge ( FAK ); Voortrekkermonument ; Krugergenootskap ; Helpende Hand ; Beweging vir Christelik Volkseie Onderwys ( BCVO ); CVO Skool Pretoria ; Afrikaanse Protestante Akademie ( APA ); Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans ( GHA ); AfriForum Jeug ; AfriForum ; Heldeakker ; Lig in Duisternis Uitgewers ; VF Plus ; HNP ; Gereformeerde Kerk ; Nederduitsch Hervormde Kerk ; Vriende van die Oorlogsmuseum ; Boereafrikaner Volksraad ; TLU SA ; Tshwane-metroraad ; Christo Engelbrecht-studiefonds ; Engelbrecht-familiebond ; Akademia Studenteraad ; Ons-Sal- Self Noord van die berg ; Begrond ; AP gemeente Wonderboom ; Kleinfontein en Veterane-eenheid Magalies .
KLIK HIER om na die video te kyk
Marné Pienaar
AFRIKAANS
32