Flink Oktober 2023 55 | Page 32

PROFIEL

DIE

Krugergenootskap

ir die afgelope 84 jaar is dit die

VKrugergenootskap wat sorg dat daar op 10 Oktober , Oom Paul se verjaardag , ' n krans op sy graf gelê word . Onder leiding van Hannes Noëth , voorsitter van die Krugergenootskap , gaan dié organisasie van krag tot krag .

Die Krugergenootskap het ' n interessante geskiedenis en het ten doel om die waardes waarvoor Paul Kruger gestaan het te beywer , naamlik vryheid .
Kom ons begin by die begin .
In 1880 is ' n kultuurvereniging in Pretoria gestig met die doel om Pretoria se kultuurerfenis te beskerm en verengelsing te voorkom . Later , na die Anglo-Boereoorlog en Paul Kruger se dood in 1904 , was daar ' n herlewing om kultuurerfenis te bevorder en is druk toegepas om 10 Oktober as ' n vakansiedag in te stel .
In 1930 is die Pretoria Afrikaanse Kultuurvereniging herstig en toe is daar in 1938 besluit om hieruit ' n afdeling te skep wat Kruger se standbeeld en nalatenskap sal bewaar . So is daar in November 1939 ' n aanvangsvergadering gehou en dit is die Krugergenootskap soos ons hom vandag ken , maar bestaan sedert 1880 al in een of ander vorm .
Dopper Kerk , of ook genoem die Paul Kruger Kerk ) en laastens , vryheid van ekonomie ( Ou Nederlandsche Bank ).
Die Krugergenootskap vandag
Vandag speel die Krugergenootskap steeds ' n belangrike rol in die bewaring en uitbreiding van Paul Kruger se nalatenskap , verál met die oog op Krugerdagvieringe .
Paul Kruger se wyse woorde is steeds wat die organisasie ( en ons ) inspireer : “ Neem uit die verlede alles wat goed en edel is , en bou daarop die toekoms .”
Lede van die publiek kan ook betrokke raak met die bewaring van Oom Paul se erfenis , deur as lid aan te sluit . admin @ krugergenootskap . org
Krugerdagvieringe 2023 bring meer as 25 instansies byeen
Vir 84 ononderbroke jare het die Krugergenootskap hulde gebring aan President Paul Kruger op sy verjaardag en vanjaar het hulle dit weer gedoen . Die FAK se Kultuurnetwerke het vanjaar se verrigtinge ook ondersteun deur die geleentheid by te woon en ' n krans te lê saam met naastenby ' n honderd mense en meer as 25 instellings en organisasies .
Die Krugerbeeld is in 1913 in Prinsepark opgerig . Die Krugergenootskap was betrokke by die verskuiwing van die beeld na Kerkplein in 1925 .
Vryheid
Paul Kruger het vir vryheid gestaan . Die Krugerbeeld se ligging op Kerkplein bevestig hierdie ook , veral wanneer gekyk word na die prominente geboue naby dié plein . So het Kruger gestaan vir vryheid van regering ( die Raadsaal ), vryheid van regspraak ( Paleis van Justisie ), vryheid van godsdiens ( Die Gereformeerde Kerk , destyds bekend as die
Kranse op Paul Kruger se graf .
31 AFRIKAANS