Flink Oktober 2023 55 | Page 31

BOEKE
Titel Outeur Uitgewer
Die Slag van Italeni Gerrit Haarhoff FAK
Die Slag van Italeni kan beskou word as die nuutste en tot op datum mees opgedateerde vertelling van hierdie slag . Haarhoff se deeglike navorsing blyk duidelik in hierdie kort uiteensetting . Die leser word ook nie verveel met detail en “ onnodige ” inligting wat verwarring kan veroorsaak nie .
Die boek lees maklik en is verstaanbaar vir die algemene publiek . Hierdie boek sal ook as ' n goeie bron dien vir enige navorsingstaak en verskaf deeglike inligting aan ' n persoon wat wel bekend is met die verhaal van Italeni , sowel as ' n persoon wat nog nooit daarvan gehoor het nie .
Die illustrasies in hierdie boek is ook van topgehalte en illustreer die inhoud op so ' n wyse dat dit die inligting verhelder . Die omslag trek ook onmiddellik aandag en skets die gebeure in ' n moderne konteks .
Die tweetalige aard van hierdie boek is gepas en maak die inligting ook meer toeganklik aan ' n wyer mark . Die vertelling kan in die twee tale ook met mekaar vergelyk word om ' n objektiewe blik op ' n vertelling te kry . Alhoewel hierdie teks ' n inligtingsdokument is , lees dit soos ' n fiksieverhaal en die leser kan nie anders as om die bladsye een na die ander om te blaai nie .
Die Slag van Italeni is die ideale boek om jou insig oor hierdie geskiedkundige gebeurtenis te verbreed en van alle kante te bestudeer . Elke student , historikus of selfs enigiemand wat meer wil leer , sal hierby baat vind .
Titel Outeur Uitgewer
Onze Rust Pieter Verster Naledi
Min mense kry dit reg om ' n fiktiewe verhaal in ' n geskiedkundige konteks geloofwaardig te vertolk . In Onze Rust slaag Pieter Verster nie net in hierdie opsig nie , maar kry dit ook reg om die leser emosioneel betrokke te kry in sy verhaal en duidelike verbande tussen vandag en die verlede raak te sien .
Hierdie lewensverhaal speel af in moderne tyd , maar deurentyd word lyne getrek met die verlede wat die leser dwing om verbande te trek . Die leser word ook deurentyd gekonfronteer met belangrike vraagstukke . Die kerklike oogpunt waaruit die verhaal afspeel , maak die vertelling ook emosioneel .
Onze Rust is beslis ' n verhaal wat die leser nog lank sal bybly nadat hy / sy die boek neergesit het en bied ' n unieke perspektief op die geskiedenis .
Titel Redakteurs Uitgewer
Nicol Stassen 60 Kristél de Weerd en Joan-Mari Barendse Protea Boekhuis
Nicol Stassen 60 gee ' n indiepte blik op die man agter Protea Uitgewers en Protea Boekhuis en die leser kyk opnuut met soveel verwondering na hierdie figuur .
Dit is duidelik dat elke bydrae tot hierdie boek uit die hart kom en die verskillende perspektiewe kleur die prentjie van Stassen se lewe en loopbaan helder in . Die meeste bydraes is gelewer deur die personeel van Protea Boekhuis en die impak van Stassen op elkeen se lewe is duidelik .
Die invloed en bydrae wat Stassen gemaak het in sy lewe en loopbaan is werklik indrukwekkend . Enige iemand met belangstelling in die Afrikaanse boekbedryf en met ' n liefde vir geskiedenis sal by hierdie boek aanklank en inspirasie vind .
AFRIKAANS
30