Flink Oktober 2023 55 | Page 30

In ballingskap
( Clarens – 13 Julie 1904 . Op 13 Julie 1904 te Clarens in Swittserland is Paul Kruger in ballingskap oorlede .)
Die awendsonne kus die vlak van die meer ; die golfie slaat ' n droewe maat ; die moeë krygsman buig sy hoof terneer .
Op sneeuveld kwyn die laaste sonnestraal ; in kloof en dal sluip die awend al ; en landsman liggie roep ten awendmaal ;
en om die lamp sit vrou en kinders aan , om eie haard en dis geskaard – en in die ou krygsman oë wel ' n traan .
“ Verby , die dae en stille awendstond toe ook vir my met welkom bly my huisie het gewag , op vaarlands grond .”
En in sy oë lê die verre lig wat berge boor en seë oor herinn ' rings weg Suiderkuste rig :
Hy ' s in die saal , sy roer is in sy hand , sy jonge bloed vol durf en gloed , sy oë oor die onbekende land .
Die veld lê wyd ; hy volg die leeu se spoor : sy veilig lood dra wisse dood ; die oolfants ver trompetter ' s in sy oor .
Die wagvuur brand ; die jakhals huil van ver ; die roer slaap by die jagters sy – en bo sy hoof die wye sterre-heir .
Die slagveld dreun , hy voer die ruiterskaar met wys beleid in strawwe stryd ; hy hoor die krygsroep van die swart barbaar .
Hy ' s in die Raad , hy lê met vaste hand , met klem van taal en wil as staal die grondslag heg van Suider-vaderland .
Verby , verby … Die sneeuveld bo vervaal ; maar hoog omhoog ontwaar sy oog op blanke top ' n verre sonnestraal !
Die duister grou op gryse berggevaart . “ Volbrag , volbrag ! Wees welkom , nag ”. – Sy sieners-oë glimlag hemelwaart .
Jan FE Celliers
29 AFRIKAANS