Flink Oktober 2023 55 | Page 29

Transvaalse vryheidslied
Die vierkleur van ons dierbaar land , die waai weer oor Transvaal , en wee die Godvergete hand , wat dit weer neer wil haal !
Waai hoog nou in ons helder lug , Transvaalse Vryheidsvlag ! Ons vyande is weggevlug : nou blink ' n blyer dag .
Veel storme het jy deurgestaan , maar ons was jou getrou ; en nou die storm is oorgegaan , wyk ons nooit weer van jou .
Bestorm deur Kaffer , leeu en Brit , waai jy steeds oor hul kop ; en tot hul spyt aanskou hul dit : ons hys jou hoër op !
Met lae lis haal Albion ons vaandel stilweg neer : en doet toe net al wat hul kon dat ons hul vlag moes eer .
Ons sou dan alles daarby wen , ' n telegraaf en spoor , as ons die rooivlag wou erken ; maar dit wou ons nie hoor .
Vier jare lank het ons mooi gepraat om weer ons land te kry : “ Ons vraag jou , Brit , geen goed of kwaad : Gaan weg , en laat ons bly !”
Maar toe die Brit ons nog vererg , toe vat ons die geweer ; ons was al lank genoeg geterg , nou kan ons tog nie meer .
En met Gods hulp het ons die juk van Engeland afgegooi . Ons is weer vry ! Geluk , geluk ! Nou waai ons vlag weer mooi !
Dit het ons heldemoed gekos ; maar Engeland nog veel meer : so het die Heer ons weer verlos ; ons gee Hom al die eer .
Waai hoog nou oor ons dierbaar land , waai , Vierkleur van Transvaal ! En wee die Godsvergete hand wat jou ooit neer wil haal !
Die Vierkleur is weer in gevaar
Kom burgers , trek die perde reg ; Nou vrou en kind goeien-dag geseg . Jongkêrels , los die nôi se hand ; en seuns , verlaat jul moeders , want daar gaan ' n strydroep deur die land ! Gryp nou die teuels by mekaar – die vierkleur is weer in gevaar !
Die regterhand gryp die visier , die bors oorkruis ' n bandelier ; die spore in die sonskyn blink , stiebeuels teen mekaar weerklink , die ketel aan die saal rinkink . Kom burgers , hou nou bymekaar – die vierkleur is weer in gevaar !
Laat aan die trippelaar sy pas , maar hou die vuurge hengste vas . Die agterstes moet ingalop tot midde in die ruitertrop – die ponie en die bossiekop . Kom burgers , ry so by mekaar – die vierkleur is weer in gevaar !
Trek burgers , almal nou geteld , al vort maar deur die wye veld ; en of jul al omlaag verdwyn , of op die heuwels weer verskyn – wys steeds die volle slingerlyn . Kom burgers , trek so by mekaar – die vierkleur is weer in gevaar !
Jaag burgers , jaag oor rant en rots , wanneer jul teen die vyand bots . Ruk in , spring af en pos gevat aan die onverwrikbare ryperd-blad . Mik fyn , kyk waar die stoffie spat ! Staan burgers , staan dan by mekaar – die vierkleur is weer in gevaar !
En moet jul val , val dan met eer , met d ' oog die vyand toegekeer ! Val op die grense , man en perd , die oue vierkleur is dit werd en d ' eerkroon wink al uit die vert '. Val burgers , val dan by mekaar – die vierkleur is weer in gevaar !
Totius
SJ du Toit
AFRIKAANS
28